Hoe om vrees te oorkom (5)
2018-08-09Romeine 10:17 DB
Iemand het geskryf: ‘Two natures beat within my breast; the one is foul, the other blessed. The one I love, the other I hate; the one I feed will dominate.’ Vrees en geloof sal altyd in jou lewe teenwoordig wees en die een wat jy voed, sal bo uitkom. Jy kan nie verwag dat vrees eenvoudig sal verdwyn nie. As jy op jou vrese fokus, aandag aan hulle gee en tot hulle ingee, sal hulle vermeerder. Die manier om hulle te oorkom is om hulle uit te honger. Moet hulle nie jou tyd en energie gee nie. Moenie hulle met skinderstories, negatiewe nuus of bangmaak rolprente voed nie. Fokus op jou geloof en voed dit elke dag met God se Woord (sien Romeine 10:17). Hoe meer tyd en energie jy aan jou geloof wy, hoe sterker sal dit word. Enige tyd wat jy vir iets bang voel maar dit steeds doen, herprogrammeer jy jou houding. Met ander woorde, wanneer jy bang voel, beteken dit ‘gaan’ in plaas van ‘stop’; dit beteken ‘baklei harder’ eerder as ‘gee op.’ Die belangrikste tree wat jy kan neem om jou vrees te oorkom is om God te vertrou om die ding wat jy dink jy nie kan doen nie, te doen. Maak nie saak hoe sterk die houvas is wat die vrees op jou het nie, dit kan oorkom word, omdat die vrees in jou gedagtes is en jou gedagtes deur die Woord van God vernuwe kan word. Hier is die sleutel daartoe: ‘Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle gedenkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is’ (Romeine 12:2 NLV).
Sielskos: 1 Kro 6:1-7:19; Luk 12:1-12; Ps 119:9-16; Spr 20:19-21