2025-01-29
Genesis 41:51-52 NLV
Wanneer jy ‘n tragedie of verlies ervaar, kan jy, tensy jy hulp kry, emosioneel afskakel en daarin vasgevang bly. Wanneer jy op die pyn van die verlede fokus, loop jy die risiko om die seën wat God vir jou in die toekoms het, mis te loop. As enigiemand ‘n rede gehad het om tot wanhoop in te gee, was dit Josef. Die mense wat veronderstel was om vir hom lief te wees, het hom verraai. Hy is belaster, daar is oor hom gelieg en hy is onder valse voorwendsels in die tronk gestop. Hoe het hy dit oorleef? Vier keer in Genesis 39 sê die Bybel: ‘Die Here was by Josef.’
‘n Versekering van God se teenwoordigheid sal jou deur dinge wat jou andersins sal vernietig, staande hou. Josef het geweet dat hy moes vergewe en vergeet en nie aan wrokke vasklou nie, om hom sodoende vry te maak en te posisioneer om sy goddelike lotsbestemming te vervul. Hoe weet ons dit? Oor wat hy sy twee seuns genoem het: “Josef het die oudste een Manasse genoem, want hy het gesê: ‘God het my al my kwellings laat vergeet, en ook alles wat my familie teen my gedoen het.’ Die tweede een het hy Efraim genoem, want hy het gesê: ‘God het my vrugbaar gemaak in die land van my swaarkry.'”
Wie het Josef in staat gestel om die pyn van dit wat sy familie hom aangedoen het te vergeet? God! Wat het hom in staat gestel om die ongeregtighede wat ander mense hom aangedoen het te oorkom? ‘n Daaglikse versekering van God se teenwoordigheid. Vandag sal God se teenwoordigheid dieselfde vir jou doen. Sy belofte aan jou is: ‘Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees… Want Ek is die Here jou God…” (Jesaja 43:2-3 NLV).
Sielskos: Pred 9-12; Luk 7:1-10; Ps 107:17-22; Spr 3:21-24
2025-01-28
John 4:14 NKJV
The woman Jesus met at the well had been married five times. She had tried multiple relationships in an attempt to fill the void within her. But it didn’t work for her, and it won’t work for you. Neither will climbing the corporate ladder, or acquiring more and more stuff, or achieving fame.
Note what Jesus told this woman: “Whoever drinks of this water will thirst again” (v. 13 NKJV). When you’re in the desert without water, there comes a point at which you start seeing mirages and believing things that are not real. And when your soul continues to be parched and dry, you start reaching for things that are not real and cannot satisfy it.
Jesus didn’t bring up this woman’s past to embarrass her. He referenced it for one reason only; to let her know that He could heal the wounds of her past and give her hope for a better future. And He did. Not only did He transform her, but she also became the first person to introduce the gospel to Samaria.
Perhaps you think you’re beyond hope and redemption. David wasn’t, and he committed adultery and covered it up with murder. Peter wasn’t, and he denied Jesus. Thomas wasn’t, even though he is still remembered as a doubter. Paul wasn’t, and he killed Christians before he became one. Your unfulfilled desires and your unquenched thirst are a plus, not a minus, if you let them drive you to the feet of Jesus. Here is His promise: “The water that I shall give… will become… a fountain of water springing up into everlasting life” (v. 14 NKJV).
Soul food: Ecc 5-8; Luke 6:37-49; Ps 107:10-16; Prov 3:19-20
Johannes 4:14 NLV
Die vrou wat Jesus by die put van Jakob ontmoet het, was al vyf keer getroud. Sy het deur verskeie verhoudings probeer om die leemte binne in haar te vul. Dit het egter nie vir haar gewerk nie en dit sal ook nie vir jou werk nie. Om die korporatiewe leer uit te klim, meer en meer besittings aan te skaf of beroemd te word, sal ook nie daardie leemte vul nie.
Let op wat Jesus vir hierdie vrou gesê het: ‘Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word…’ Wanneer jy sonder water in die woestyn is, kom daar ‘n stadium wanneer jy lugspieëlings begin sien en dinge wat nie waar is nie, begin glo. Wanneer jou siel uitgedroog is, begin jy na dinge uitreik wat nie regtig is nie en wat jou siel nie kan bevredig nie.
Jesus het nie hierdie vrou se verlede opgehaal om haar te verneder nie. Hy het dit vir slegs een rede opgehaal; om haar te laat weet dat Hy die wonde van haar verlede kan genees en haar hoop vir ‘n beter toekoms kan gee. Hy het dit ook gedoen. Nie net het Hy haar getransformeer nie, maar sy het ook die eerste persoon geword wat die evangelie in Samaria bekendgemaak het.
Miskien dink jy jy is verby die punt van hoop en verlossing. Dawid was nie en hy het owerspel gepleeg en dit met ‘n moord toegesmeer. Petrus was nie en hy het Jesus verloën. Paulus was nie en hy het Christene vermoor voor hy self een geword het. Hier is Jesus se belofte: ‘…Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ‘n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel’ (vers 14 NLV).
Sielskos: Pred 5-8; Luk 6:37-49; Ps 107:10-16; Spr 3:19-20
2025-01-27
Romeine 3:21 AFR53
Jy sal hemel toe gaan omdat jy jou vertroue in Christus se geregtigheid, nie jou eie nie, geplaas het. Jy vra: ‘Maar is dit nie belangrik om die regte dinge te doen nie?’ Absoluut. Jou beloning in die hemel sal deur wat jy vir God hier op aarde gedoen het, bepaal word. Jou verlossing hang egter van jou vertroue in Christus se optrede, nie jou eie nie, af. Satan weet dit en hy sal jou na ‘n prestasie-gebaseerde Christelike lewe probeer terugdryf. Wanneer jy dan misluk, soos jy vir seker sal, sal hy jou veroordeel en jou vertel dat jy nie God se liefde en aanvaarding waardig is nie. Let op wat veroordeling doen:
1) Dit steel jou selfvertroue voor God. Jy is nie in staat om sy beloftes op te eis nie, omdat jy onwaardig voel. Daar word een-en-dertig keer in die Skrif genoem dat ons ‘in Christus’ is. Dis een vir elke dag van die maand. Herinner jouself dus elke dag dat jy ‘in Christus’ is en omdat Hy waardig is, word jy aanvaar.
2) Dit maak jou prikkelbaar en onaangenaam om by te wees. Verslawingberaders beskryf dit as om ongemaklik in jou eie vel te voel. Gevolglik begin jy dit wat jy aan die binnekant voel, uiterlik projekteer. Wat is die antwoord?
Paulus gee dit vir ons: ‘Niemand sal dus op grond van wetsgehoorsaming voor God vrygespreek kan word nie… Maar nou het God vir ons ‘n ander weg bekendgemaak waardeur ons sy vryspraak kan verkry… God spreek ons vry wanneer ons op Jesus vertrou om ons sonde weg te neem. Ons kan almal hierdie vryspraak ontvang, maak nie saak wie ons is of wat ons gedoen het nie’ (verse 20-22 NLV).
Geregtigheid word op jou rekening deur geloof, nie werke nie, gekrediteer. Vandag is jy ‘in Christus’ geliefd en aanvaar.
Sielskos: Pred 1-4; Luk 6:27-36; Ps 107:1-9; Spr 3:13-18
Romans 3:21 NKJV
You will go to heaven because you trusted in Christ’s righteousness, not your own. You say, “But isn’t doing the right things important?” Absolutely. Your reward in heaven will be predicated upon what you do for God here on earth. But your salvation depends on trusting in Christ’s performance, not your own. Satan knows this, and he will try to drive you back to performance-based Christian living. And when you fail, as you assuredly will, he will condemn you and tell you that you don’t measure up and, therefore, you are unworthy of God’s love and acceptance. Notice what condemnation does:
(1) It robs you of confidence before God. You are unable to claim His promises because you feel unworthy. Thirty-one times in Scripture, it says that we are “in Christ.” That’s one for every day of the month. So, each day, remind yourself that you are “in Christ,” and because He is worthy, you are accepted.
(2) It makes you irritable and unpleasant to be around. Addiction counselors describe this as being “squirrelly” or uneasy in your own skin. As a result, you begin to put out what you feel on the inside. What’s the answer?
Paul gives it to us: “Therefore by the deeds of the law no flesh will be justified in His sight… But now the righteousness of God apart from the law is revealed… even the righteousness of God, through faith in Jesus Christ, to all and on all who believe” (vv. 20-22 NKJV).
Bottom line: Righteousness is credited to your account through faith, not works. Today you are loved and accepted “in Christ.”
Soul food: Ecc 1-4; Luke 6:27-36; Ps 107:1-9; Prov 3:13-18