Hoekom staan ons verandering teë? (3)

2024-06-28
Prediker 3:1 NLV

Wat gebeur wanneer jy verandering op die verkeerde tyd probeer implementeer? Wat is die regte tyd om dit te doen? Vanuit ‘n leierskapsperspektief, is sekere tye beter as ander om verandering te maak.

Dr John Maxwell, wat die topverkoper The 21 Irrefutable Laws of Leadership geskryf het, sê: ‘Ek het die volgende kontrolelys ontwikkel om my te help om die proses te navigeer: Sal hierdie verandering tot voordeel van die volgelinge wees? Is dit met die doel van die organisasie versoenbaar? Is hierdie verandering spesifiek en duidelik? Is daar ten minste 20 persent van die volgelinge wat ten gunste van die verandering is? Is dit moontlik om die verandering te toets voordat ‘n totale verbintenis daartoe gemaak word? Is daar fisiese, finansiële en menslike hulpbronne beskikbaar om hierdie verandering te maak? Is dit omkeerbaar? Is hierdie verandering die volgende logiese stap? Het dit beide kort- en langtermyn voordele? Is die leierskap in staat om hierdie verandering deur te sien? Dui alles anders daarop dat die tydsberekening reg is? Voor ek ‘n groot verandering implementeer, gaan ek eers deur hierdie kontrolelys en beantwoord die vrae daarop. As te veel vrae ‘n nee as antwoord het, kom ek tot die gevolgtrekking dat die tydsberekening dalk nie reg mag wees nie.’

Tydsberekening is baie belangrik. Die Bybel sê: ‘Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd… Hy het alles mooi gemaak…’ (verse 1, 11 NLV). As jy daaraan dink om ‘n verandering te maak, praat met God en vra Hom: 1) Wat jy moet doen, en 2) Wanneer jy dit moet doen. Tree dan uit in geloof en vertrou Hom om jou te lei!

Sielskos: Hoog 5-8 Luk 2:41-52 Ps 21 Spr 16:16-19

Why do we resist change? (2)

2024-06-27
Hebrews 11:8 NKJV

Who among us wouldn’t like to have a success story like Abraham’s? He had fame, great riches, and “was even called the friend of God” (James 2:23 NLT). It doesn’t get better than that! But Abraham’s story begins with these words: “By faith Abraham obeyed when he was called to go out to the place which he would receive as an inheritance. And he went out, not knowing where he was going.” How on earth did he do it? By faith!

Why do we resist change? Doubt and fear! We fear personal loss. Anytime change is imminent, the first question that pops into our minds is, “How will it affect me?” For example, suppose a coworker approaches you and says, “I just heard the boss is thinking about laying off some people today.” Is your first thought, “I wonder what market conditions triggered that decision?” Or is it, “I bet he feels bad about having to do that!” No, probably your first thought is, “Am I at risk?” That’s simply human nature.

The second we face change we can quickly feel alone and helpless. Where do you find strength in such moments? In God! His promise is: “‘I will never leave you nor forsake you.’ So we may boldly say, ‘The Lord is my helper; I will not fear. What can man do to me?'” (Hebrews 13:5-6 NKJV). Relax! That which is unknown to you is fully known to God. And the One who has always taken care of you has already gone ahead to prepare the way (See Deuteronomy 31:8).

Soul food: Song 1-4; Luke 2:34-40; Ps 17; Prov 16:12-15

Hoekom staan ons verandering teë? (2)


Hebreërs 11:8 NLV

Wie van ons sal nie daarvan hou om ‘n suksesverhaal soos Abraham s’n te hê nie? Hy het roem en rykdom gehad en is ‘n ‘…vriend van God…’ (Jakobus 2:23 NLV), genoem. Beter kry mens nie! Abraham se verhaal begin egter met hierdie woorde: ‘Omdat hy geglo het, het Abraham… gehoorsaam… weggetrek sonder om te weet waar hy sou beland.’ Hoe op aarde het hy dit gedoen? Deur geloof!

Hoekom staan ons verandering teë? As gevolg van twyfel en vrees! Ons vrees persoonlike verlies. Elke keer wat verandering op die horison verskyn, is die eerste gedagte wat by ons opkom: ‘Hoe gaan dit my affekteer?’ Veronderstel ‘n kollega kom vandag by jou en sê: ‘Ek het nou net gehoor dat die baas daaraan dink om vandag ‘n paar mense af te lê.’ Is jou eerste gedagte: ‘Ek wonder wat in die ekonomie aangaan wat so ‘n besluit veroorsaak het?’ Of is dit: ‘Ek is seker hy voel sleg dat hy dit moet doen!’? Nee, jou eerste gedagte is heel waarskynlik: ‘Loop ek die risiko om my werk te verloor?’ Dis eenvoudig menslike natuur.

Die oomblik wat ons voor verandering te staan kom, kan ons vinnig alleen en hulpeloos begin voel. Waar vind jy in sulke situasies jou krag? In God! Sy belofte is: “…’Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.’ Daarom kan ons moed skep en antwoord: ‘Die Here is my hulp. Daarom sal ek nie bang wees nie. Wat kan nietige mensies my aandoen?'” (Hebreërs 13:5-6 NLV).

Ontspan! Dit wat vir jou onbekend is, is ten volle aan God bekend. Hy is die Een wat nog altyd vir jou sorg en Hy het jou alreeds vooruitgegaan om die pad vir jou voor te berei (sien Deuteronomium 31:8).

Sielskos: Hoog 1-4; Luk 2:34-40; Ps 17; Spr 16:12-15

Why do we resist change? (1)

2024-06-26
Psalm 80:3 KJV

When Christopher Columbus returned to Spain, he was considered a national hero and credited with discovering new lands. But do you think people changed their minds about the earth being flat? Not at all – they went right on believing the earth was flat. It was not until that generation passed on and the next one took their place that people realized the earth was round, just as Columbus had claimed. That’s how long it took for people to change their minds – an entire generation! We all resist change.

Dr. John Maxwell writes: “For many years, I thought leaders liked change and everyone else didn’t. As a visionary leader, I always felt that I was drawing reluctant followers into the future. But I finally realized that leaders don’t like change any more than followers do – unless, of course, it’s their idea!” Let’s be honest; change is hard for everyone. Novelist Mark Twain said, “The only person who likes change is a wet baby.”

Truly, change is one of the greatest obstacles you will ever face. Why is that? After all, doesn’t progress demand change? And doesn’t growth too? We can’t move forward and stay in the same place. So for the next few days, we’re going to talk about why we resist change so much. Acknowledging his own stubborn nature and his fear of change, on four different occasions David prayed, “Turn us again, O God.” That’s like praying, “Lord, I need to change, but I’m afraid to change, so make me willing to change.” And that’s a prayer God will answer for you, so start praying it today.

Soul food: 2 Cor 11:16-13:14; Luke 2:21-33; Ps 8; Prov 16:8-11

Hoekom staan ons verandering teë? (1)


Psalm 80:4 NLV

Toe Christopher Columbus na Spanje teruggekeer het, is hy as ‘n nasionale held geloof omdat hy nuwe lande ontdek het. Dink jy egter mense het van mening verander dat die aarde plat is? Glad nie – hulle het aanhou glo dat die aarde plat is. Eers die volgende generasie het begin aanvaar dat die aarde rond is, soos Columbus verklaar het. Dis hoe lank dit vir mense geneem het om van mening te verander – ‘n hele generasie! Ons almal staan verandering teë.

Dr John Maxwell skryf: ‘Vir baie jare het ek gedink dat leiers van verandering hou en ander mense nie. As ‘n visioenêre leier, het ek gevoel asof ek altyd onwillige volgelinge die toekoms intrek. Ek het egter uiteindelik besef dat leiers net so min soos volgelinge van veranderinge hou – tensy dit natuurlik hulle idee is!’ Verandering is vir almal moeilik. Mark Twain het gesê: ‘The only person who likes change is a wet baby.’

Verandering is waarlik een van die grootste struikelblokke waarvoor jy ooit te staan gaan kom. Hoekom? Vereis vordering, asook groei, nie immers verandering nie? Ons kan nie vorentoe beweeg en op dieselfde plek bly nie. Kom ons praat vir die volgende paar dae oor hoekom ons verandering so teenstaan. Dawid het sy eie hardkoppige aard en sy vrees vir verandering besef en op vier verskillende geleenthede gebid: ‘O God, herstel ons tog!…’ Dis ‘n gebed wat God vir jou sal beantwoord, begin dit dus vandag bid.

Sielskos: 2 Kor 11:16-13:14; Luk 2:21-33; Ps 8; Spr 16:8-11